Die politiek van Andorra geskied binne die raamwerk van 'n parlementêre grondwetlike diargie, en 'n veelparty stelsel. Uitvoerende gesag word deur die regering uitgeoefen, met die Regeringshoof van Andorra as hoof uitvoerende beampte. Wetgewende gesag is in beide die regering en parlement gesetel. Die regbank is onafhanklik van die uitvoerende en wetgewende gesag.
Voor 1993, het Andorra se politieke stelsel geen duidelike skeiding gehad tussen die magte van die uitvoerende gesag, wetgewende gesag en regbank nie. 'n Grondwet bekragtig en goedgekeur in 1993, vestig Andorra as 'n soewereine parlementêre demokrasie wat die president van Frankryk en Biskop van Urgell behou as medeprinse en staatshoofde. Die regeringshoof behou egter uitvoerende gesag. Die twee medeprinse dien gelykmatig met beperkte mag wat 'n indiwiduele veto oor regeringsaktes uitsluit ('n wetsvoorstel kan in effek geveto word as beide van hulle dit nie onderteken nie). Hulle word elkeen in Andorra verteenwoordig deur 'n afgevaardigde.
Die fundamentele beweegkrag vir hierdie politieke transformasie was 'n aanbeveling deur die Raad van Europa in 1990, wat bepaal dat, indien Andorra streef na volle integrasie binne die Europese Unie (EU), hulle 'n moderne grondwet sal moet aanneem wat die regte waarborg van die mense wat daar werk en leef. 'n Drieledige kommissie – bestaande uit verteenwoordigers van die medeprinse, die Algemene Raad en Uitvoerende raad – is in 1990 gevorm, en finaliseer die konsepgrondwet in April 1991, wat die nuwe grondwet 'n werklikheid maak.
Een oorblywende en wel simboliese nalatenskap van Andorra se spesiale verhouding met Frankryk en Spanje, is dat die prinsdom geen eie posdiens het nie – Franse en Spaanse posdienste werk skouer aan skouer, alhoewel elkeen sy eie posseëls vir Andorra uitreik in stede van hul eie.